Wen ‘n Klikkerland vertoning!

Die klikkerlanders het besluit om hul GROOT FEES vertonings in 2017 te gebruik
om ‘n unieke geleentheid vir plaaslike skole te skep!

WEN ‘n Klikkerland vertoning ter waarde van R15 000!!!
As ‘n fondsinsameling geleentheid ten bate van jou skool!

Hoe om deel te neem:

  • Registreer jou skool / instansie as een van die deelnemers deur die aansoek vorm hier onder in te vul. Om aan alle deelnemers ‘n regverdige kans te gee kan slegs ‘n beperkte aantal skole / instansies deelneem. So maak seker jy mis nie hierdie geleentheid nie! Stuur sommer dadelik jou aansoek vorm in!
  • Jy sal in kennis gestel word van jou suksesvolle aansoek, en sal dan die nodige bemarkings materiaal ontvang.

Hoe om te wen:

  • Help ons om kaartjies te verkoop vir Klikkerland se twee vertonings by Woordfees 2017.
  • Die skool wat die meeste kaartjies verkoop, Wen ‘n Klikkerland vertoning!

Ons maak dit maklik:

Alle skole sal bemarkings materiaal ontvang in die volgende vorme:

  • ‘n Digitale brosjure wat aan ouers ge-epos of ge-Whatsapp kan word.
  • ‘n Digitale Video clip wat aan ouers gestuur kan word as aansporing om die initiatief te ondersteun.

Hoe kaartjie verkope gaan werk:

  • Alle kaartjies word deur Klikkerland bespreek. ‘n Minimum van 10 kaartjies kan op ‘n slag aangekoop word.
  • Die SLUITINGSDATUM vir die kompetisie en kaartjie verkope is donderdag 23 Februarie om 12:00.
  • Elke skool moet ‘n lys van name en kontak besonderhede aan Klikkerland besorg, sodat kaartjies dienooreenkomstig aan skole besorg kan word.
  • Die sitplekke sal in blok formaat uitgereik word per skool.

Klikkerland se Woordfees vertonings:

 

Koste vir Woordfees kaartjies is R80 per persoon

REGISTREER JOU SKOOL /INSTANSIE OM DEEL TE NEEM:

 

Terme en Voorwaardes

Die volgende terme en voorwaardes geld:

  • ‘n Minimum van 40 kaartjies moet verkoop word voordat ‘n skool / instansie in ag geneem sal word vir die Wen Prys.

Die volgende terme en voorwaardes geld rakende die Wen Prys (Gratis vertoning).

  • Die datum van die vertoning moet ooreengekom word met Klikkerland en huidige vertonings se datum’s, asook beskikbaarheid van akteurs in ag neem.
  • Alle kaartjie verkope vir die Gratis vertoning is die skool se verandwoordelikheid.
  • ‘n Minimum van 3 Klikkerland karakters sal by die vertoning teenwoordig wees.
  • Fondse van die kaartjie verkope gaan aan die skool.
  • Die skool is verandwoordelik vir die beskikbaarstelling van ‘n geskikte perseel met verhoog, aantrek fasiliteite, asook klank en klanktegnikus soos per Klikkerland spesifikasies.
  • Opbrengste uit dvd verkope of enige ander verkope by die vertoning gaan aan Klikkerland.
  • Verblyf kostes vir drie akteurs, asook minimale bedrag vir vervoer (R1500.00) sal deur die skool gedek word.