Produk Beskrywing
Dis ‘n Koei!
Die klikkerlanders probeer ‘n melkskommel maak, maar weet glad nie van die mees belangrikste bestandeel nie… melk! Waar kry ‘n mens melk? Leer saam met die Klikkerlanders oor melk en gaan saam met hulle op reis na ‘n melkplaas!
“Hop en Tol”
Boebel Babbel wil die heel dag net sit en rekenaar speletjies speel. Areme Woepel Wappel en Huppel Hoepel probeer hul bes om Boebel aan die gang te kry, maar maak nie saak met watter speletjies hulle vorendag kom nie. Boebel kan dit net nie reg kry nie. Leer saam met Boebel die belangrike les; om aan te hou probeer, en speel saam met die Klikkerlanders heerlike speletjies!